Die Anargie

’n Illustrasie min of meer uit die tyd van Die Anargie wat die Slag van Lincoln uitbeeld. Stefanus (vierde van regs) luister na ’n gevegstoespraak.

Die Anargie was ’n burgeroorlog tussen 1135 en 1153 in Engeland en Normandië wat gelei het tot wydverspreide orde- en wetteloosheid. Die konflik was ’n stryd om die troon ná die verdrinking van William Adelin, die enigste wettige seun van Hendrik I in 1120 toe hy aan boord van ’n skip was wat gesink het.[1] Hendrik se pogings om sy dogter, keiserin Matilda, as sy opvolger erken te kry,[2] was onsuksesvol. Ná Hendrik se dood in 1135 het sy susterskind, Stefanus van Blois, die troon oorgeneem met die hulp van sy broer, Hendrik van Blois.[3] Stefanus se vroeë bewind is gekenmerk deur gevegte met Engelse baronne, rebelse Walliese leiers en Skotse invallers. Ná ’n groot rebellie in die suidweste van Engeland het Matilda die land in 1139 ingeval met die hulp van haar halfbroer Robert van Gloucester.[4]

  1. Bradbury, pp.1–3.
  2. Bradbury, p.9; Barlow, p.161.
  3. King (2010), p.43.
  4. Chibnall, p.74.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy